Geloof is ‘n Krag
“En Jesus antwoord hulle: Deur julle ongeloof; want, voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het soos ‘n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie.” Mat 17:20
Geloof is ‘n krag. Dit is die nitroglyserien van die Koninkryk. Net ‘n enkele drupel, nie groter as ‘n mosterdsaad nie, soos ‘n stofdeeltjie in jou handpalm, kan berge verskuif. En hoekom sô? Want geloof beweeg God – dit is die een ding wat Hom behaag om in ons harte te sien. “En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ‘n beloner is van die wat Hom soek.” Heb 11:6. Waar Hy geloof aan die werk vind word Hy gedring om Sy groot en uitnemende werke in en deur ons te doen.
Ja, Geloof is ‘n krag. Dit kan berge verskuif, die bekke van leeus sluit, koninkryke oorwin en die dooies opwek. Maar soms kwyn die krag van my geloof, net soos die getye van die see styg en daal. Sommige dae is my geloof sterk en gevestig; maar ander dae moet dit versterk word.
Jesus het vir Simon Petrus gebid dat sy geloof nie ophou nie. “Maar Ek het vir jou gebid, dat jou geloof nie ophou nie; …” Luk 22:32. Soms hou geloof op; dit word onseker en stop. Juis daarom moet geloof ‘n hernubare bron van energie, ‘n nimmereindigende bron van krag hê om dit op te lig wanneer my geloof naby aan opgee kom.
Daardie onfeilbare bron van krag is LIEFDE.
Nie eers Satan, in al sy haat, kan ‘n man of vrou laat wankel wat geanker en gevestig is in die onfeilbare liefde van Jesus Christus. Alhoewel Geloof kan faal, en Hoop wankel onder voortdurende aanslae van mislukkings en teleurstellings sal LIEFDE nooit wankel nie. “En nou bly geloof, hoop, liefde—hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde.” 1 Kor 13:13. Ons kyk vorentoe na “Hoop”.
“Abba Vader, dankie dat U my eerste liefgehad het. Dankie dat ek in U kan glo en op U vertrou. Vader ek vra dat U my geloof sal bou in die liefde van Jesus en versterk deur die Heilige Gees en deur Sy gawes. Dankie vir die voorreg om U kind te kan wees. In Jesus Naam. Amen.”